Namibiese Mededingingskommissie keur Safari Hotel-transaksie goed

Kasada Capital Management wat deur die Qatar Beleggingsowerheid gesteun word, het die groen lig van die Namibiese Mededingingskommissie ontvang om sy aankoop van die Safari Hotel  en Konferensiesentrum te voltooi. Die transaskie van 2,6 miljard Namibiese dollar is goedgekeur sonder enige voorwaardes, omdat die koper geen bedrywighede in Namibië het nie en dus is daar geen oorvleueling nie. Dit sal ook nie gesonde mededinging in die land se gasvryheidsektor verhoed nie. Kasada sal 100 miljoen Namibiese dollar gebruik vir opknappings om die bestaande konferensiegeriewe verder te verbeter. Kasada se Safari Hotel-transaksie bring sy portefeulje na ‘n totaal van tien hotelle en meer as 2 000 kamers in vier lande.