William vra toe nie om verskoning vir slawerny nie

Die hertog van Cambridge het sy diep hartseer oor die gruwels van die slawehandel uitgespreek, en bygevoeg dat die ontsettende gruweldaad vir ewig die Britse geskiedenis sal volg. Prins William het in Jamaika gepraat, in sy enigste toespraak van ‘n driedaagse besoek aan die vierde grootste Statebond-ryk. Terwyl hy sy hartseer uitgespreek het en slawerny as afskuwelik bestempel het, het hy nie daarvoor om verskoning gevra nie. Sy toespraak  kom ná betogings in Jamaika, en ‘n ope brief wat deur geskryf is deur 100 van sy prominente burgers, waarin William gevra word om verskoning te vra vir die koninklike familie se rol in die slawehandel.