Wildstropery, veediefstal gedy

Wildstropery en veediefstal in Namibië ruk hand uit, sê Rickus Spangenberg van die K9-teenstropingseenheid in die Erongo-streek. Hy sê laervlak-polisiebeamptes soos konstabels moet meer betrokke by die stryd teen stropery raak en hulle moet voertuie tot hul beskikking hê. Hy sê teenstropingseenhede en die polisie kan nie voorbly met die bekamping van wildstropery en veediefstal nie. Spangenberg het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.