Vragskeep vervoer miljoene kartonne vars produkte

Een van die wêreld se grootste gespesialiseerde vragskepe, wat meer as ‘n miljoen kartonne vars produkte op ‘n slag kan vervoer, het in Suid Afrika aangekom. Die boot het verlede week by die Durbanse hawe gearriveer en sal eers by die Oos-Kaap aandoen, voor dit ook by die Kaapstadse hawe sal vasmeer om miljoene kartonne vrugte en groente op te laai wat vir oorsese markte bestem is. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt is aan die woord.