Wildmisdaad in ‘n strokiesprent … skole, kyk hier!

Die Regshulpsentrum nooi al die 487 Namibia Environmental Education Network-skole en al 27 Namibiese UNESCO-verwante skole regoor die land uit om deel te neem aan ‘n strokiesprent-kompetisie om bewustheid oor misdade teen wild en die omgewing te verhoog. Die kompetisie duur van 5 Augustus tot 30 September en die wenners sal in November 2022 aangekondig word. Skole kan pryse van 50 000 Namibiese dollar wen. Hans-Christian Mahnke van die sentrum gesels met Kosmos 94.1 Nuus.