Wildehond herstel goed na strik-besering

Die Suid-Afrikaanse Trust vir Bedreigde Natuurlewe sê ‘n wildehond van die Punda Maria-omgewing in die Kruger Nasionale Park wat met ‘n strik om sy nek gevang is, word gemonitor en herstel goed. ‘n Woordvoerder sê hierdie beserings kan baie gevaarlik wees as dit nie gou behandel word nie en diere kan selfs vrek. Hy verduidelik die trop is met nekbande toegerus as deel van ‘n moniteringsprojek en dit het veeartse in staat gestel om die beseerde dier gou op te spoor. Daar is minder as 450 wildehonde in Suid-Afrika oor.