Oos-Kaap hawe kry nuwe mangaan-uitvoerterminaal

Die Coega Ontwikkelingskorporasie in die Oos-Kaap het diensverskaffers met ondervinding en ‘n behoorlike prestasiegeskiedenis uitgenooi om voorstelle in te dien vir die ontwikkeling van ‘n nuwe mangaan-uitvoerterminaal by die Ngqura-hawe in Gqeberha. Die korporasie sê die hoofdoel van die projek is om ‘n volledige diens van wêreldgehalte aan die mangaansektor in Suid-Afrika te lewer. Hulle wil die versekering gee daar bestaan ‘n betroubare, doeltreffende en bekostigbare massaverwerkings-gerief.