Herstel is net moontlik met inenting

Die Biden-administrasie het gemiddeld 600 000 nuwe werksgeleenthede maandeliks geskep sedert die einde van Januarie vanjaar. Amerikaanse werkloosheidsyfers is vir die eerste keer sedert Maart 2020 laer as 5 persent maar, volgens President Joe Biden kan die tendens net voortgesit word as mense hulle laat inent.