Wilde kind Willow beheer die Withuis

Willow is ‘n wilde kind met ‘geen perke’ nie, en slaap dikwels op my kop. Dit is volgens Amerikaanse President Joe Biden. Die Biden-egpaar se troeteldiere haal gereeld die nuus en het ook hulle eie rekeninge op Twitter. Die Bidens het die drie-jarige Willow aangeneem nadat sy in 2020 op die verhoog gespring het toe die presidentsvrou, dr. Jill Biden ‘n toespraak gelewer het. Maar dit was nie alles maanskyn en rose nie. In September 2021 was Willow ‘n kort rukkie in pleegsorg toe hulle probeer het om hul Duitse herdershond Major aan katte te akklimatiseer. In Desember 2021, nadat Major verskeie bytvoorvalle by die Withuis gehad het, is hy gestuur om by familievriende in Delaware te woon en Willow kon na die Oval Office teruggekeer, wat sy blykbaar regeer. Commander, ook ‘n Duitse herdershond, is toe aangeneem as klein hondjie en daar blyk om vrede te heers in die Withuis.