Japan stel nuwe rits sanksies teen Rusland in

Die ministerie van ekonomie van Japan het ‘n nuwe reeks sanksies van volgende maand af aangekondig teen Rusland, wat hy beskryf as ‘n terroriste-staat. Japan se verbod sal geld vir produkte en toerusting verbied wat wissel van waterkanonne en gas-ontginningstoerusting, tot entmiddels. Die verbod is téén die uitvoer van items na 49 organisasies in Rusland wat gebruik kan word om sy militêre vermoë te versterk. Die ministerie het sanksies verskerp ná die jongste vlaag missiel-aanvalle gister op Oekraïne, en die bates van Russiese amptenare en entiteite bevries.