Oud-Air Namibia kaptein doen aansoek vir nuwe redery

Die voormalige senior bestuurder van vlugoperasies en afgetrede Air Namibia kaptein William Ekandjo, het aansoek gedoen vir ‘n lisensie om ‘n redery te bedryf. Die aansoek is in die Staatskoerant van 24 Januarie gepubliseer. Ekandjo doen aansoek vir Fly Etosha Airways wat beide plaaslike en streeksroetes sal bedien. Hy besit reeds drie Cessna Grand Caravans, 3 Beechcraft 1900’s, drie King Air-vliegtuie en 3 Dash 8’s en 3 ATR’s. Hy sê hy sal 3 A330’s, 3 787’s, 3 A320’s en 3 737’s aanskaf. Rolspelers en belanghebbendes wat insette wil lewer het tot 14 Februarie om dit by die sekretaris van die Vervoerkommissie in te dien.