Wika-karnaval skop op 24 Maart af

Die gewilde Wika-karnaval vind weer vanjaar in Windhoek plaas. Alhoewel die fees ‘n bekende Duitse tradisie is, word dit deur talle in Namibië met sy diverse kulture gevier. Vanjaar se Wika-karnaval sal op 24 Maart met die Prinzenbal afskop, waarna sy verskillende aktiwiteite tot 1 April sal duur. Die president van Wika, Holger Mentzel sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n orkes vanaf Duitsland sal karnaval-gangers vermaak.