Reisigers in Noorde skarrel om vervoer te kry

Talle Namibiese vakansiegangers keer vandag terug huis toe. Die meeste Namibiërs begin weer die week ná die feesseisoen werk en staatskole begin weer Woensdag. Daar heers tans chaos in die Noorde soos vakansiegangers skarrel om vervoer te probeer kry om terug te keer na hul bestemmings. Op Oshakati probeer reisigers ‘n sitplek op busse, minibusse en taxi’s te kry, maar daar is nie genoeg vir die duisende reisigers uit die Noorde nie. Ander voertuie soos ligte vragmotors en sedanmotors word ook deur desperate reisigers gebruik om ‘n saamry-geleentheid te kry.