Aanvalle duur voort tydens skietstaking van Ortodokse Kersfees

Bombardering in dele van Oekraïne is voortgesit kort nadat die 36 uur skietstaking weens die viering van die Ortodokse Kersfees verstryk het. Die aanvalle is deur Rusland sowel as Oekraïne. Geweervuur is in die dorp Bakhmut in die noordooste van die land gehoor waar intense gevegte sedert die Russiese inval plaasgevind het. Ontploffings is ook in die suidelike stede aangemeld. Gevegte het regdeur die skietstaking in die ooste van Oekraïne voorgekom.