Wie is nou eintlik die opperhoof van die Ovaherero?

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds op landelike ontwikkelingminister, Erastus Uutoni, om te besluit wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word. Dit volg op voorleggings van professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako, wat albei sê hulle is die opperhoof. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Itamunua Meroro, stafhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, wat sê daar is niks wat beslis moet word nie, want daar is reeds ‘n opperhoof.