Whk-Harare vlug word verwelkom

Die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, Tasa, verwelkom die beplande vlugroete tussen Zimbabwe en Namibië. Die Zimbabwiese nasionale lugdiens Air Zimbabwe beplan om vlugte tussen Harare en Windhoek te begin om voordeel te trek uit ‘n gaping in die mark wat deur die val van Air Namibia gelaat is. Volgens berigte het Air Zimbabwe vroeg vanjaar by die Namibiese Lughawens-maatskappy aansoek gedoen het om direkte vlugte tussen die twee lande te herstel, wat byna twee jaar gelede gestaak het toe Air Namibia gevou het. Nathaly Ahrens van Tasa sê die vlugroete sal net voordelig vir toeriste wees.