Nampol-vergadering op Otjimbingwe was ‘n sukses

Die vergadering tussen die Namibiese polisie en die boere in die omgewing van Otjimbingwe in die Erongo-streek word as ‘n sukses beskryf. Werkloosheid is geïdentifiseer as ‘n bydraende faktor tot die toenemende gevalle van veediefstal in die gebied. Boere in die omliggende gebiede van Otjimbingwe is ontevrede met die feit dat die polisiestasie in die nedersetting moet sluit weens ‘n gebrek aan mannekrag. Nog ‘n uitdaging wat op die vergadering geopper is, was die gebrek aan polisie-voertuie om operasies betyds uit te voer. Inspekteur Ileni Shapumba het meer.