Dos Santos lê vandag en môre in staatsie

Die oorskot van die ontslape Angolese leier, Jose Eduardo Dos Santos het oor die naweek, na ‘n lang regsgeding, in Luanda, Angola aangekom. Hy is op 8 Julie in Barcelona op die ouderdom van 79 oorlede. Daar was ‘n nadoodse ondersoek geloods na berigte dat hy nie aan natuurlike oorsake dood is nie maar, ‘n Spaanse hof kon geen bewyse daarvan kry nie. Media in die buurland berig dat hy vandag en môre in staatsie sal lê by sy woning in die Miramar-woonbuurt. Sy begrafnis vind op 28 Augustus plaas, wat ook sy 80ste verjaardag sou wees.