Whk Gim klop WAP, onder-23 sokkerspan 6-0 verneder

In plaaslike sportnuus het Windhoek Gimnasium se eerste rugbyspan met 24-23 gewen teen WAP. Die finaal in die Standard Bank-trofee skolerugby-liga het Saterdagmiddag net na vyf by Windhoek Gimnasium afgeskop. En in Luanda, Angola, is Namibië se onder-23 nasionale sokkerspan verneder deur hulle Angolese teenstanders met ‘n finale telling van 6-0. Die span het gepoog om vir Afcon te kwalifiseer.