WGO tree op teen Ebola in Uganda

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in die Afrika-streek sê hy tree vinning en beslissend op om die Ebola-virusuitbreking in Uganda te beheer. Sy kenners is reeds daar om met die land se ervare Ebola-beheerspanne saam te werk om die maatreëls vir waarneming, diagnose, behandeling en voorkoming te versterk. Die gesondheidsnoodbeampte, Patrick Otim, sê daar was voorheen uitbrekings in Uganda en weens die gevaar van die invoering van gevalle van die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo, is die organisasie voorbereid: