Whk-bouplanne vir Mei bekend

IJG Sekuriteite het die bouplan-syfers vir Mei vir Windhoek bekendgestel. ‘n Totaal van 187 bouplanne is gedurende die maand goedgekeur wat ‘n afname van 25,2 persent teenoor April verteenwoordig. Die waarde van die planne is op 173 miljoen Namibiese dollar bereken, of 26,1 persent laer as dié wat tydens April goedgekeur is. Wanneer die huidige syfers teenoor 2020 vergelyk word is daar ‘n 66,3 persent toename in goedgekeurde planne maar, die land was verlede jaar ingeperk en konstruksie het ook nie plaasgevind nie. Op ‘n 12-maand kumulatiewe basis, sê IJG dat 2 684 geboue met ‘n waarde van net meer as 2 miljard Namibiese dollar goedgekeur is wat 47,7 persent hoër is op ‘n jaargrondslag.