Noa hoor môre oor borg

Windhoek-landdros Esme Molefe sal na verwagting môre haar uitspraak lewer in die formele borgaansoek van die leeringlingdokter Dennis Noa. Noa, 26, word daarvan aangekla dat hy ‘n breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal verkrag het. Sy prokureur James Diedericks het in die hof aangevoer dat daar geen bewyse is dat die manlike pasiënt verkrag is nie maar die staat sê hy is seksueel aangerand. Volgens Diedericks het Noa ook aangehou om diens by die hospitaal te doen nadat hy deur die polisie ondervra is en hy het van die begin af gesê hy is onskuldig. Hy is sedert 11 April in aanhouding. Hy word in Seeis aangehou vir sy veiligheid omdat sy pa, Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie is.