WGO waarsku teen twee Indiese hoesstrope

Die Wêreldgesondheids-organisasie het opnuut ‘n waarskuwing uitgereik teen die gebruik van twee soorte hoesstroop vir kinders. Die medisyne is in Indië vervaardig word. Die medisyne word met die dood van kinders in Uzbekistan verbind. Volgens die WGO is die twee produkte, wat deur Marion Biotech vervaardig word, se gehalte nie na wense nie en kan dit tot ernstige nierskade of selfs die dood lei. Die farmaseutiese bedryf in Indië is onder die loep geplaas ná sterftes in ‘n aantal lande, onder meer 18 in Uzbekistan en vroeër minstens 66 in Gambië.