Boks: Huldeblyke aan Gerrie Coetzee

Boks: Die gewese swaargewig-kampioen van die Wêreld-boksvereniging, Gerrie Coetzee, se dogter het hom as ‘n gesinsman beskryf. Suid-Afrika se eerste swaargewig-kampioen het gister sy stryd teen kanker verloor. Lana Coetzee sê haar pa het altyd oor sy boksgevegte gepraat en alles onthou. Coetzee wat ook as die Boksburg Bomber bekend gestaan het, het in 1983 die WBA se wêreld-swaargewigkampioen geword toe hy die Amerikaner Michael Dokes, in die tiende ronde van die titelgeveg uitgeslaan het. ‘n Biografiese rolprent oor Coetzee se lewe word vanjaar voltooi. Suid-Afrikaanse sportjoernalis Brendan Nel bring hulde aan sy held.