Solidariteit veroordeel Nersa

Solidariteit in die buurland sê die energie-reguleerder, Nersa, moet eerder aandag gee aan aansoeke vir privaat kragopwekking en minder aan Eskom se aansoeke vir duurder elektrisiteit. Dit volg nadat die reguleerder ‘n tariefverhoging van 18,65 persent aan Eskom toegestaan het. Theuns du Buisson van Solidariteit sê Eskom is vasgevang in ‘n bose kringloop waar hy al minder krag voorsien maar steeds meer geld wil hê vir dit wat beskikbaar is. Hy sê die kragvoorsiener se stygende skuld en onvermoë om genoeg elektrisiteit te verskaf is die grootste bedreiging vir die land se ekonomie.