Omstrede ANC-politikus wys benoeming van die hand

Die omstrede ANC-politikus Zandile Gumede wat by korrupsie betrek word, het ‘n benoeming om as ANC-tesourier in KwaZulu-Natal te dien, van die hand gewys. Dit terwyl Sihle Zikalala en Sboniso Duma sake sal uitspook om as ANC-voorsitter in die provinsie te dien. Gume moes noodgedwonge haar benoeming verwerp weens die ANC se beleid van opsy staan, wat verhoed dat sy in ‘n senior posisie dien. Gumede en haar 21 medebeskuldigdes in ‘n korrupsiesaak staan gesamentlik tereg op 2 786 klagte wat verband hou met ‘n tender van 320 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat in 2017 aan die maatskappy Durban Solid Waste toegeken is toe sy burgemeester van die eThekwini-metro was.