SA kan sy klimaatsbystand met amper 5 keer vergroot

Die Afrika-ontwikkelingsbank het ‘n voorstel aan Suid-Afrika gedoen oor hoe hy meer as 152 miljard Suid-Afrikaanse rand wat ryk lande vir klimaatsfinansiering beloof het, kan aanwend om nog méér geld in te samel. Die bank sê die geld moet in ‘n doelontwerpte medium belê word wat dan nulkoepon-effekte kan verkoop waarmee tot 733 miljard rand verdien kan word. Die president van die bank, Akinwumi Adesina, sê Amerika, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Frankryk en die Europese Unie het saam onderneem om Suid-Afrika te help om sy gebruik van steenkool te verminder.