WGO stel nuwe span saam vir Covid-oorsprong se ondersoek

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n wetenskaplike raadgewersgroep gestig om die oorsprong van die Covid-19-pandemie te ondersoek en beter voor te berei vir toekomstige pandemies. Die WGO se Wetenskaplike Raadgewersgroep oor Nuwe Patogene bestaan uit wetenskaplikes van Amerika, China, en sowat 24 ander lande. Die eerste gevalle van Covid-19 onder mense is in Desember 2019 in die sentrale Chinese stad Wuhan opgespoor. Mike Ryan van die WGO sê die stigting van die groep is uiters belangrik: