Sokker-politiek: Haikali kap terug

Die Namibiese Sokkervereniging, die NFA, is steeds in ‘n gemors met ‘n sekere deel van die leierskap wat besluit het om die president te skors. Die president, Ranga Haikali, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sy skorsing onwettig deur Fifa verklaar is en deur mense aangevuur is wat ‘n persoonlike vendetta teen hom het. Hy is tans in besprekings met sy regsverteenwoordiger om verdere stappe te neem.