Medies: gaan noukeurig deur jou state

Methealth Namibia Administrators het lede van die publiek wat dekking het by mediese fondse wat hy administreer, daaraan herinner dat kommunikasie van die fonds, en SMS-kennisgewings baie belangrik is om deur te gaan. Methealth sê dit is baie belangrik dat ‘n staat wat behandelings en kostes aandui, noukeurig deurgegaan word en geverifieer word deur die lid. Sou daar enige behandeling of eis wees wat onbekend is, of verkeerdelik gelys is, moet Methealth onmiddellik ingelig word. Dit is veral in ‘n poging om bedrieglike eise hok te slaan.