Protea Vroue hou oefenkamp in Gqeberha

Krieket: Die Protea Vroue is tans besig met ‘n oefenkamp in Gqeberha ter voorbereiding van volgende jaar se T20-Wêreldbekertoernooi wat van 10 tot 26 Februarie in Suid-Afrika aangebied word. Die tuisspan is in dieselfde groep as die verdedigende kampioen, Australië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Bangladesj. Die veelsydige speler, Nadine de Klerk, sien uit na die besondere geleentheid om op eie bodem aan ‘n Wêreldbekertoernooi deel te neem.