WGO sê maskers moet terugkom

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy riglyne oor maskerdra, Covid 19-behandelings en kliniese bestuur bygewerk. Die organisasie sê dit vorm deel van ‘n deurlopende hersieningsproses, wat saam met riglyn-ontwikkelingsgroepe gedoen word. Dié groepe is saamgestel uit onafhanklike, internasionale kundiges, wat die jongste beskikbare bewyse en die veranderende epidemiologië oorweeg. Die WGO beveel nou opnuut die gebruik van maskers deur die publiek in spesifieke situasies aan. Die hersiene riglyne beveel die dra van maskers aan, ongeag die plaaslike Covid-situasie, weens die huidige wêreldwye verspreiding van die virus.