Dakar: Voorlaaste dag gee vir Giniel al sy dae

Saterdag was sneldeel 13, die voorlaaste sneldeel van die 2023 Dakar-wedren. Die sneldeel was 673 kilometer lank, met ’n sneltrajek van 153 kilometer. Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel was tweede vir die dag en met net een sneldeel oor, lyk dit baie goed vir Nasser om sy vyfde Dakar in te palm. Dit was egter nie ’n goeie dag vir Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy nie. Hulle is tans in die vierde posisie maar het ‘n uitdagende tyd gehad om die trajek te voltooi.