DA verwelkom optrede teen lotery-sindikaat

Die DA het die beslissing van die Noord-Gautengse Hooggeregshof verwelkom waarkragtens drie luukse eiendomme, ‘n erf en ‘n gedeelte van ‘n plaas in besit van voormalige Nasionale Loterykommissie-sindikaat-lede in bevries is. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid is 56,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand van vyf gekaapte nie-winsgewende organisasies weggesypel om die verkryging van dié eiendomme te finansier. Die DA-lid, Mat Cuthbert, sê die geplunderde fondse was bedoel om te help met maatskaplike higiëne, tuisversorging, gemeenskaps-ontwikkeling, ‘n museum en ‘n biblioteek: