WGO se Aappokke-komitee kom weer byeen op 21 Julie

Die Wêreldgesondheid-sorganisasie gaan op 21 Julie weer sy deskundige aappokke-komitee byeenroep om te besluit of die aappokke-uitbreking ‘n wêreldwye gesondheidskrisis is. Die Verenigde Nasies se gesondheids-agentskap is tans bewus van 9 200 gevalle in 63 lande. ‘n Toename in aappokke-besmettings is sedert vroeg in Mei vanjaar buite Wes- en Sentraal-Afrika-lande aangemeld.