Proteas se vrouespan vir Statebondspele bekend

Krieket: Suid-Afrika se finale vrouespan is aangekondig vir die Statebondspele wat van 28 Julie tot 8 Augustus in Birmingham, Engeland, plaasvind. Suné Luus is kaptein van die span van 15 lede en Chloe Tryon die onderkaptein. Die ervare groep sluit Marizanne Kapp in, wat allerweë beskou word as die voorste veelsydige vrouespeler in die wêreld. Daar is ook twee paaltjiewagters, naamlik Trisha Chetty en Sinalo Jafta. Die gereelde kaptein, Dané van Niekerk, het nie betyds herstel van ‘n enkel-fraktuur wat sy vroeër vanjaar opgedoen het nie.