Carl Niehaus se optrede by Luthuli-huis veroordeel

Die Suid-Afrikaanse minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, het ANC-lede se verset-optrede by Luthuli-huis veroordeel. Hy het vrae beantwoord op die SAKP se kongres wat in Boksburg aan die gang is. Mantashe veroordeel die optrede van Carl Niehaus van die uMkhonto WeSizwe Militêre Veterane-vereniging en sê hy tree op soos ‘n huursoldaat. Niehaus het vroeër gesê die opmars is nie teen die ANC nie, maar teen die sage oor President Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala.