WGO rapporteer 35 Covid-gevalle plaaslik

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is tans 35 Covid-gevalle in Namibië met een pasiënt wat in die hospitaal is. Die gesondheidsminsiterie verskaf nie meer Covid-verslae nie. Daar is ‘n kumulatiewe 169 904 bevestigde gevalle, wat herinfeksies en vier nuwe gevalle insluit. Die herstelkoers is op 98 persent. Net minder as 290 000 mense is ten volle ingeënt met net meer as 573 000 wat hul eerste spuit ontvang het.