GRN het 2 weke om Okh-inwoners se griewe aan te spreek

Inwoners van informele nedersettings in Okahandja het die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling twee weke gegee om antwoord te gee oor die tekort aan dienste op die sogenaamde tuindorp. Die inwoners kla reeds ‘n geruime tyd oor die kwessie en het verskeie protesaksies geloods. Sydney Gariseb, een van die aktiviste sê hulle is vasberaad om nie afstand van hulle eise te doen nie.