Meer as 80 reeds vas vir korrupsie by lisensie-sentrums in SA

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula sê tot op hede is meer as 80 mense reeds in hegtenis geneem vir korrupsie by die land se lisensie-sentrums. Mbalula het vroeër ‘n opdatering verskaf oor ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid en die Padverkeersbestuurskorporasie. Die minister sê die tipe korrupsie dra by tot die land se paaie wat deesdae so onveilig is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent het die besonderhede.