WGO oor Namibië se Covid-19-gevalle

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Namibië het aangedui dat Namibië ‘n groot aantal Covid-19-gevalle onder sy jong bevolking aangeteken het, wat 62 persent verteenwoordig. Volgens die WGO se jongste verslag was die totale bevestigde Covid-gevalle teen 15 Junie 69 096, waarvan 42 701 in die ouderdomsgroep 20 tot 49 is – die meerderheid van die aangetekende gevalle is. Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat jonger mense hulle waarskynlik nie aan die Covid-regulasies steur nie.