Verassing in eerste Curriebeker wedstryd

Rugby: Die Pumas het opspraak verwek deur gisteraand die Leeus 39-10 in die eerste wedstryd van vanjaar se Curriebeker-kompetisie in Mbombela te klop. Die tuisspan het vyf drieë teenoor die besoekers se een gedruk. Die losskakel Eddie Fouché het met sy skopskoen nog 14 punte vir die Pumas aangeteken. Nog twee wedstryde in die premierafdeling word vanmiddag beslis. Die Haaie gaan na Kimberley vir ‘n kragmeting teen Griekwas, waarna die Blou Bulle hul stryd met ‘n klassieke Noord/Suid-kragmeting teen die Westelike Provinsie in Pretoria afskop.