WGO maan Afrika oor derde vlaag van Covid-19-pandemie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek waarsku die Covid-19-derde vlaag woed steeds oor die hele vasteland voort nadat daar verlede week meer as ses-duisend-400 Covid-19-sterftes aangemeld is. Na drie moeilike maande is daar nou meer positiewe vooruitsigte namate meer besendings entstof in Afrika begin aankom. Die WGO se streeksbeampte, dokter Phionah Atuhebwe, sê hulle verwag dat tot aan die einde van September sowat 110-miljoen dosisse entstof aan Afrika-lande deur Covax en die Afrika-Unie gelewer gaan word. Die Namibiese gesondheidsministerie het intussen bevestig dat 75 000 dosisse van die AstraZeneca-enstof vandag die land aankom.