Zuma glo Dinsdag persoonlik in die hof

Die Jacob Zuma-stigting in Suid-Afrika het die versekering gegee die voormalige president Dinsdag self in die hof sal verskyn. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Zuma is geestelik sterk en is gereed om opsienbarende getuienis te lewer, wat dalk wydlopende reaksie kan ontlok.Sy korrupsieverhoor wat met die wapenskandaal verband hou begin dan in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof.