Grondgrypers in die hoofstad weer bedrywig

Grondgrypers by Otjomuise in Windhoek het gister weer ‘n straat in die omgewing versper deur bande aan te steek en klippe in die pad te gooi. Hulle het gesê dat hulle optrede daarop gemik is om ‘n sterk boodskap oor hulle erns aan leiers te stuur. Dit volg nadat 200 inwoners grond vroeër naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek, vir hullesef uitgesit het. Lede van die gemeenskap het aan plaaslike media gesê hulle sal aanhou om erwe vir hulself uit te sit.