WGO: Kliniese proewe begin vir entstof vir Ebola-stam in Uganda 

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevestig kliniese proewe kan binne weke begin vir ‘n entstof om die stam van die Ebola-virus in Uganda die hoof te bied. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê daar was 54 bevestigde gevalle en 19 sterftes. Hy het op ‘n plaaslike ministeriële vergadering gesê dit is jammer dat entstowwe wat gebruik word om onlangse uitbrekings in die Demokratiese Republiek van die Kongo te beheer, nie doeltreffend is teen die Ebola-stam in Uganda nie. Ghebreyesus sê die belangrikste fokus is om Uganda te ondersteun en die uitbreking te beheer.