Sowat 2,5 miljoen SA gesinne het behuising nodig

Onlangse statistiek dui daarop dat ten minste 2,5 miljoen gesinne in Suid-Afrika behuising nodig het. Die Verenigde Nasies raam dat die Suid-Afrikaanse bevolking teen 2030 die 65 miljoen-perk sal oorskry, terwyl die behuisingsagterstand toeneem. Intussen sê die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad 75 persent van dié groei sal stedelik wees en menslike nedersettings raak. Die uitvoerende hoof van Communicare, Anthea Houston, sê die regering het radikale oplossings vir die krisis nodig, weens die groeiende bevolking.