ActionsSA: Lily-mynsaak sloer

ActionSA in Mpumalanga sê Vantage Goldfields Beperk se prokureurs het deurgaans probeer om die Lily-myn-regsaak voor die Appèlhof in Bloemfontein uit te stel. Die afhandeling van die saak sal finaal afsluiting bring vir die families van die mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule, en Solomon Nyirende. ActionSA se woordvoerder, Thoko Mashiane, sê die saak sal volgende maand voortgaan, maar die mynmaatskappy se prokureurs voer aan dat die datum na Februarie of Maart volgende jaar verskuif moet word.