WGO keur cholera-entstof goed

Wêreldwyd word ‘n tekort aan cholera-entstowwe ervaar, maar die Wêreldgesondheid Organisasie het nou ‘n nuwe weergawe van die inenting goedgekeur wat mondelings toegedien kan word.  Die nuwe weergawe, Euvichol-S, is ‘n vereenvoudigde formule wat minder bestanddele gebruik, goedkoper is en vinniger gemaak kan word. Die WGO hoop dat hierdie nuwe entstof sal help om ‘n oplewing in gevalle van die bakteriële siekte wat gewoonlik deur besmette kos of water versprei word, aan te spreek. Die entstofalliansie Gavi beraam dat daar vanjaar sowat 50 miljoen dosisse tot die wêreldvoorraad bygevoeg kan word vergeleke met 38 miljoen verlede jaar.