Prysgeld by Parys-spele ondermyn gees

Olimpiese Spele: Wêreldatletiek se aankondiging oor die prysgeld vir goue medaljewenners by die Parys-spele het uiteenlopende reaksie ontlok. Die president, Sebastian Coe het onverwags aangekondig die 48 veld- en baanatlete wat hul items wen, sal elk 926 duisend Namibiese Dollar ontvang. Die Vereniging van Internasionale Federasies by die Somerspele sê sy ander lede voel die stap ondermyn die gees van die Olimpiese Spele, want ‘n mens kan nie ‘n prys op ‘n Olimpiese medalje plaas nie. Die wêreld se voorste atlete het egter die aankondiging verwelkom.